Die inhoud van hierdie kampbrief moet asseblief so spoedig moontlik onder die
aandag van Offisiere, Staatmakers en Verkenners gebring word.
Offisiere wat kursusse kom aanbied, word versoek om voor 31 Augustus 2014
telefonies of per faks/E-pos die Kampleier te verwittig vir watter kursus hulle
inskryf.
Kommando’s moet alle vorms vir korrektheid, volledigheid, spelling en
leesbaarheid kontroleer.
Kampgeld moet met een kommandotjek betaal word, uitgereik aan “Tvl Voortrekkers:
Kamp Nakuphi”.
Gelde kan ook inbetaal word in die Bankrekening. Faks asb die depositostrokie
na: 086-634-3908
Tvl Voortrekkers: Kamp Nakuphi
ABSA Bank
Hans van Rensburgstraat Tak (Takkode:334-248)
Tjekrekening Nr: 4054232467
Meld ASB kommandonaam as verwysing
By kansellasie langer as drie weke voor die kamp, word die helfte van die
kampgeld verbeur. By kansellasie korter as drie weke voor die kamp, sal die
volle kampgeld verbeur word. (Uitruilings sal oorweeg word.)
Hierdie vrywaringsvorm moet aan elke inskrywing aangeheg word.
Kommando’s word versoek om hierdie opgaafvorm te voltooi en saam met individuele inskrywingsvorms in te stuur.