Kamp Nakuphi is ‘n waterwerkkamp wat jaarliks in September aangebied word. Vanaf 2013 skuif
ons na Da Gama Dam wat tussen Witrivier en Hazyview lê.
Met die ondersteuning van Forest Sailing Club, wat hulle geriewe aan ons beskikbaar stel, beloof
Nakuphi 2014 om `n besonderse kamp te wees!
Kamp Nakuphi se hoof doel is nogsteeds wateravontuur en ons doel is om ‘n hoë gehalte kursus
aan elke verkenner te bied waar die verkenner aan die einde van die kamp kan wegstap met `n
nuwe vaardigheid.